Jongste aktiwiteit:

poëtiese geloof


my duin vertel van gedigte
wat vertel van ‘n hoër hand
van wonderlike gestalte
met oneindige kragte
eie aan die digter
se verbeelding
word beskryf
wie hierdie
god is

my duin lees gedigte
waarin vertel word van ‘n plek
wat volgens woorde hemel genoem word
waar intelligentes en filosowe vergaar
waarnatoe hierdie verhewenes gaan
wanneer hulle die lewe verlaat
sommiges sien nie uit daarna
omdat hulle nie tuis sal
voel daar nie

op my duin lê die waarheid
oop gestrek in duidelike woorde
uitgespel uit die enigste Woord van God
die enigste God wat bestaan en leef
‘n God wat nie beskryf kan word
deur poëte of opgedollie kan
word deur verbeelding
geverf en gepoeier
kan word nie

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed