skoon
–
vol vreugde en geur
is die beeld vanaf my duin
vanoggend is die lug vars
mens proe die sout
op jou tong
–
vars en guitig
soos die glimlag
van boere nooientjie
met die smaak
van lippies
–
dieper as ooit
trek heimwee nou
na jonger dae
vreugdevol
vol lewe
–
skoner as dit
is daar min grepe
van jou lewe
geborg
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.