Die nag het gekom(silwer)
Die nag het gekom
as ‘n sneeuwitblom,
ek was die son
en jy die blom
jou kelkies styf
en jou lyfie steels
maar blom, jy wou nie blom
al hoe meer die smeek klad van my tong
om jou té intrigeer-
Lotus van my Aarde
hoor tog my
empatierooi
groen in die gebergtes van jou siel,
daar is lakens stilgebonde in liefde
en klein spatsels wat my binnedring
jy kòn slegs die refleksie wees,
wat my krete bedees
ek was die son
en jy die blom.
©Morné du Preez
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2021 – OOP-projek