Jongste aktiwiteit:

Die waarde van vrouwees (Silwer)

So baie mans kla oor hulle vrouens, maar besef nie dat sy die produk is van wat hy (sy liefde / sy houding / sy gedrag) van haar maak nie.
Ons vroue is inherent sag, vriendelik en liefdevol, maar boeta, vryf ons verkeerd op en jy gaan vir seker die vonke sien spat.

‘n Vrou wat gedurig verkleineer word, mee geraas en op geskel word, fisies en emosioneel verniel word, vertel word hoe sleg en pateties sy is, dat sy niks reg kan doen nie, ens. … ens. … reageer vanuit hierdie seerkry- / min selfvertroue- / verkleinerings- / verdedigingsplek.
Teenoor ‘n vrou wat sag en liefdevol, met geduld en respek behandel word, weer reageer vanuit daardie goedvoel- / mooivoel- / geliefd- / waardevolvoelplek.

Ek het eendag hierdie storie gehoor … (skrywer onbekend)

In ‘n klein dorpie was daar ‘n hoofman met die lelikste dogter. Niemand wou naby haar kom nie omdat sy nie, soos die ander meisies, mooi van aansien was nie. Die hoofman was baie teleurgesteld omdat hy so ‘n onaansienlike dogter gehad het, en het geweet dat geen man ooit na haar sou kyk nie.
Op ‘n dag kom daar ‘n reisiger verby wat vir ‘n paar dae vertoef. Op een van sy wandelings deur die dorpie sien hy die gesluierde meisie eenkant sit en stap nuuskierig nader. Eers wil sy nie met hom praat nie, want niemand het nog ooit moeite gedoen om met haar te praat nie. Maar die reisiger se nuuskierigheid was geprikkel en hoe langer hy met haar gesels het, hoe meer het hy van haar gehou.
Hy is later daar weg en het ‘n paar keer daarna by die dorpie aangedoen op sy reise. Seker gemaak dat hy elke keer die gesluierde meisie raakloop.
Na ‘n paar keer se aandoen by die dorpie het hy die hoofman gaan sien en gevra of hy met sy dogter mag trou. Die hoofman was stom-verbaas. “Het jy gesien hoe sy lyk?” het hy gevra. “Nee nog nie, maar ek wil asseblief met haar trou.” Uiteindelik het die hoofman toestemming gegee en die meisie is saam met hom daar weg.
Na meer as ‘n jaar het die man en jongmeisie weer by die dorpie aangedoen en almal was verbaas om die pragtige, goed geklede en mooi versorgde vrou saam met die man te sien.
“Waar is my dogter dan, dat jy nou hierdie mooi vrou aan jou sy het?” het die hoofman gevra.
“Dit is u dogter hierdie,” het die man geantwoord en trots sy arm om die vrou gesit wat sag en vriendelik geglimlag het. Dit het gelyk of sy gloei.
“Maar hoe …” het die hoofman verbaas gevra.
“Julle het na haar uiterlike gekyk en haar gedurig daaraan herinner hoe sy van buite lyk, maar ek het haar hart raakgesien en haar gedurig vertel hoe mooi sy van binne in. Dit het gemaak dat die moou van binne na buite begin skyn het.”

God het elke vrou pragtig, uniek en volmaak geskape, waardeer haar, koester haar, bring die mooi in haar navore en behandel haar met respek, dan sal jy die vrug van haar skoonheid ontdek.

©Driekie Grobler

525 Woorde




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tokkies het ‘n nuwe publikasie gemaak