woordwerke
op die woordbank
pluis ek gedagtes uit
geduldig gedienstig gedweë
om brose kroos te troos
gekose vokale vloei op die tong
deftig in ‘n diftong of twee
sleurend met ‘n lang klank
of snikkend jeens die dubbel konsonant
die mollige vraag koketteer
na haar flambojante uitroep
om haar neer te vly tussen aanhaling
en rus by die noodlot van die punt
stiltes bewerk asemhaling;
getooi met sprokies en (of) feite
maak gedagtes en idees
die buiging op die woordbank
© Francois Meyer
April 2021
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.