onder
–
herfs is mooi
ook in weskus bioom
na maande se droogte
wag alles op sy eie
winter reën
–
onder my duin
lê jare se geskiedenis
laag op laag verberg
onder nuwe sand
en skulpdiere
–
wat lê verberg
onder al my reaksies
op hedendaagse simptome
van siek en bose wêreld
hoe herlei dit reaksies
–
bioom van paraatheid
verberg ewige strewe na
onafhanklike, veilige lewe
dit grom en brom vlak
eensklaps uit te kom
–
dan sal daar geen rus
wees voor, wat onder was
weer bo sal kan uitstyg nie
sal “onder” nie meer
verdrukking wees
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.