Brood op water
Brood op water
sy woon in klein kamer
net ‘n stoel, bed en tafel
stukkende mat op vloer
gehawende slierte gordyn
douvoordag staan sy op
eet ‘n droë stukkie brood
moedig loop sy die pad
waar haar stalletjie wag
hoopvol pak sy als uit
breiwerk en hekelwerk
met baie trots gedoen
dalk is vandag haar dag
boemelaar stap verby
hul groet mekaar
moedeloos bly hy staan
die winterkou bly knou
hy kyk na mus en serp
oë wat koop sonder geld
vanaand slaap hy weer koud
kartonbokse sy kombers
sy neem die mus en serp
hou dit uit na hom
ek kan jou nie betaal
dit is ‘n geskenk vir jou
trane rol oor sy wange
die Here sal jou seën
dankbaar neem hy dit
skuifel verder op sy pad
in eie armoede gegee
brood op water gewerp
inderdaad toe geseën
feestafel vir haar gedek
© Marianne Buys
1 Julie 2021 4:50
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.