Veldiep tot sieldiep
maar jy sien net
die flees wat hang
aan my been struktuur
die keuses, gene en toeval
wat my verf en omhul
soos ‘n boekband
jy kyk teen my oppervlak vas
en ek wonder
of jy ooit eendag
werklik my sal ken en sal sien
vir wie ek is
in plaas van die idee
wat jy vorm
om my te laat wees
die liggaam sal ek dra
die liggaam sal ek lief hê
die liggaam
is waarin ek bly,
my siel se huis,
vir my om te kan gebruik
met alles wat dit instaat is
tot God se Heerlikheid
ek dank die Here
vir hierdie geskenk van lewe
in hierdie been struktuur en flees
waarin ek kan bly
want ek is so bevooreg om deel
te kan wees van Sy
unieksame kunswerkende,
meesterstuk plan,
die soms seer
maar mooi lewe
die buite oppervlak
wat my bedek is ‘n advertensie
van jou wanpersepsie
vel diep tot siel diep
tot binne my hart en denke
dit is al hoe jy werklik
sal weet wie ek is
om my hart te leer ken,
my siel te ontmoet,
ophou te oordeel teen boekband
en die boek begin lees
sodat jy regtig kan weet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.