net soms
–
onder elke dag
se golwe wat vrolik
strand toe bruis en borrel
loop daar strome van wil
wat jou ruk en pluk
van rigting wil
sleep
–
net soms
waai die wind
gunstig vir jou strewe
na geluk, vrede, liefde
vlagies wind wat jy
maklik kan mis
en verloor
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.