Wêreld in Rooi
Rooi mooiste mooi
Rooidag breek in die ooste
Rooikop fisant skaterlag
Rooivink verkondig nuwe dag
Rooi gekelkte angeliere
Rooi rose vir ware liefde
Rooi vleilelie beter geklee as Salomo
Rooiborsduif vir die digter
Rooi beeste op wye vlakte
Rooigras plate, vol in die saad
Rooigrond laat mielies bewe
Rooi trekker draai die sooie
Rooi granaat pitte
Rooi tamatie skywe
Rooi peper geurige kos
Rooi kolwyntjies kleur die tong
Rooi soenbare lippe
Rooi is naels getooi
Rooi rok vleiend aan die heupe
Rooi blos op die wang
Rooi son sak weswaarts
Rooi O Rooi so baie is in jou getooi
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.