hernude geloof
sonder die bril van Covid
ervaar jy weer kleur as jy bid
proe jy die sonskyn;
verstaan die storm se lyn
kreukels van inperking
rafel aan vriendekring
torring aan vertroue
wat verbrokkel in aanskoue
snotneus spat soutbranders
is dit net ek … of ook iemand anders?
paniekerig in waterwals
kleingeloof skink net wilde als
stikkend in die beurtkrag van die storm
verrys geloof in koortjievorm
maak my Heiland my kalm
die storm woed in die holte van My palm
© Francois Meyer
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.