Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Windpomp Lewe

Deur Lenel Oosthuizen
Datum gepubliseer: 15 Oktober 2021 Aantal woorde: 98 111 Kere gelees 3

Vas geanker op pilare
platvorm vir kop en stert
twaalf voet rotor ses voet stert
roerende ratkas helder water

Waar lê jou anker mensekind
het jy ‘n platvorm vir kop en stert
nie eers ses voet lank en sonder stert
dansende juigende mens van selfvermaak

Rotor en lem beur, wind gedrewe
rammelende ratte suig koper silinderklep
stert rig spil in die rigting van die wind
rem aanstons vasgedraai taak voltooi

Hoe beur jy deur die dag wat dryf jou voort
hoe pas jou lewensratte inmekaar
ken jy die spil waarom jou lewe draai
wanneer gaan jy rem aandraai




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 24
Kommentaar telling: 0

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 320 gaste aanlyn

Bydraes – Argief