deur gebroke mens
–
douvoordag kom dit
die koel luggie vanaf die see
soos deur ‘n donker woud
waai dit om my heen
–
in my lewensweg
kom die boodskap ook aan
deur ‘n gebroke mens
sny dit deur my siel
–
die natuur se stem
kom helder en verfrissend
oor fynbos veld en duin
weergalm dit in stilte
–
my Skepper se stem
kom twee-snydend skerp
oor gebroke lippe aan
heel dit elke wond
–
©Teãrlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Seirdna
Pragtig