Bosklip
My Hart klop aan jou deur
Verlangend na jou geur
Hoor die stilte in jou treur
Welig botsel, blare slaan deur
Wag-‘n- Bietjie, hou gedwonge vas
Naboom, onvanpas
Knoppiesdoring, gebulte bas
Mopanie, vou wurm vas
Koorsboom, sonder koors
Maroela, gee wingerdgriep
Rooi-ivoor, sonder tande
Hardekool vir maanligaande
Soetdoring, doring in die vlees
Flambojant, rooie pierewaaier
Sering en Salie maak ‘n prentjie
Sekelbos, verraaier
Kremetart, onderstebo
wortels as takke uitgestrek
verdwyn sorge
as ek aan jou raak
Bosveldboom en -struik
Rustende sielsgenot
Rus en vrede werklik hier
Op ‘n klip in die bos , troon van die Skepper
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tearlach
Pragtige werk