Jongste aktiwiteit:

Kronkelpad

Vêr
Verder
Verste Kronkelpad
reis belaai met soetste herinnering
koffers vol gebeure besaai die lewenspad
almal ingepak
reis maar net weer verder op die kronkelpad
afdraai paaie van die verlede
raak jou wese en maak jou sterk
laat jou terugloop na ‘n duidelike spoor
op die kronkelpad

Diep
Dieper
Diepste spore
getrap op die kronkelpad
dankbaar vir elke spoor
maak soms maar ‘n koffer oop
en haal van die pakgoed uit
laat hulle net daar
op die pad
die reis word ligter
sonder bagasie op die kronkelpad




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed