Amaizing Grace
jou lyf skraal afgeëts
‘n skadu
van ‘n mens
seer
skreeu
ten hemele
saggies
soos sneeuvlokkies val
trane
swaarmoedig
hoor haar roep
mené, mené, tekél ufarsín
sien die skrif aan die muur
Eli, Eli, lama sabagtáni?
hoor
uitgebasuin
kyk op kyk op
‘n nuwe verbond
‘n nuwe lied
‘n lied wat engele nie kan sing amazing gracе
Ek sal jou die sleutels gee
sluit oop My Koninkryk
as jy soek sal jy vind
geloof, hoop, liefde
maar die grootste
liefde
© Anita van der Walt
Verklaring:
DANIËL 5:25
Mené, mené, tekél ufarsín.
u is op die weegskaal te lig bevind
MATTHÉÜS 27:46
Eli, Eli, lama sabagtáni?
My God, my God, waarom het U My verlaat?
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.