wat kom
–
vanoggend lê die mis skielik dik
gister was stilte voor die storm
sterk winde het gekom en gegaan
deurnag alles verander wat bestaan
–
wat gister waarheid en kultuur was
het vanoggend wakker geword sonder mag
versteekte kragte het oral vernietig, verbreek
die hele wêreld-bestel is verander in chaos
–
wie sou verlede jaar soiets kon vertel
dat honderde wêreldleiers hulself uitverkoop
volkere en hul lande aan ‘n versteekte agenda
uitverkoop het sonder skaamte of gewete
–
niemand antwoord nie? praat ek in die wind ?
waai die winde van verandering nou so sterk ?
word ons zombies wat soos skape ja–en–amen ?
vernietig dié wat nie saam met ons dwaas is nie ?
–
wat nou is, is al baie erger as ooit tevore
maar…wat kom, is wat vrees gaan bring
te vreeslik om aan te dink – skuil liewer
steek jou kop in die sand-spelonk en wag
–
oorloë en gerugte van oorloë reeds verby
oorlog is nou daagliks die orde van die dag
grootskaalse sentrale regering vanuit iewers
ver van ons bestaan, met yster-hand en vlam
–
merk van die dier in en op jou om te kan koop
slegs inkomste van ‘n korrupte staat wat skel
op elke een wat nie in rye wil staan en bedel
afsonderingskampe vir dié wat nie bes wil gee
–
valse wonderwerke uit hemelruim en op aarde
wat mense oortuig van goue kronkel van slang
oorheersing deur skatryk-gesteelde barbare
wat bloed uit die klippe tap van elke gelowige
–
mensdom onder hewige hipnose van satanie
geen beroep of regverdige mens word gelaat
slegs enkele verdrukte vlugtelinge wat skuil
van hul eie dwase familie en volke – zombies
–
mense wat voorheen geglo het hulle glo
verstaan skielik nie meer wat geloof is nie
verloor hoop, geloof en liefde eensklaps
en val saam in, in die rye wat slaafs staan
–
wat het ons verkeerd gedoen, roep hulle uit
hoe lank nog moet ons sterf en bloed afgee
is daar nog ‘n uitkoms, en bestaan God nog
man teenoor vrou, kind teenoor ouer verstar
–
dan kom die droë woestyn winde wat verskroei
alles wat nog groen was verlep en sterf uit
verarmde mense sterf van dors en honger
terwyl ruimteskepe met rykes plesierig vlieg
–
lug verswart in rooi stof komberse van dood
mens gemaakte storms vernietig alles wat staan
aarde wil ophou draai en son en maan verdwyn
oseane kloof oop en slegs enkeles gaan deur
–
wat oor is, is roet en as van wat daar was
roet en as wat met bloed belope oë na mekaar staar
mekaar opvreet met woord en daad om te kan oorleef
geen hoop, geen geloof, geen liefde – net oorlewing
–
iewers in grotte en mens gemaakte skuilings diep
kruip dié weg wat geweet, geglo het dat dit kom
dié wat oorleef in hul geloof, dié wat geloof en daad
saam kon slaan in een moeilike oorlewings keuse
–
so sê die profeet, dat daardie donker dae nou hier is
nie meer duisende jare om te wag, nie meer eet en vrolik wees
want môre bars die bom – kultuur nie, nee dit is nou hier
“repent” skreeu straat-predikante, staan in die ry sê valse profete
–
wie sal bly staan onder rook en as van vurige oordeel
wat soos in sodom en gemorra vurige reën neerlaat
wat dreig om alles te verbrand wat deur die geldmag
opgestel is, ingestel is, afgedwing is, slaafs aanvaar is
–
wie sal nog bly staan en saggies sê: ag los my man
julle met julle profesieë en bangmaak verhale gaan weg
moet tog net nie golwe maak, want dit bedreig my bestaan
triljoene sal slaafs vergaan onder selfhipnose van ontkenning
–
ja ouman, jy yl seker nou man, tipies van demensie
dat jy ons wat jonk is en weet, nou wil kom ontstig
kyk net na gister en vandag my kind, wat het gebeur
twee kort jare – het alles verander sonder klag of skoot
–
dié wat daarteen agiteer verloor hul geweer en reg
miljoene word getipeer: met of sonder merk van die dier
jy mag koop en lewe – jy mag nie koop net krepeer
wie kan dit nog nie raaksien nie – ek, ouman bid vir jou
–
wat is dan die antwoord vra die skape vir die bokke
so asof die bokke ooit die waarheid sal wil vertel
op die oesdag gaan die korrels van die blare en kaf
geskei word deur ‘n sterke wind wat geen omkeer ken
–
staan net stil sê Hy wat weet – gee een tree terug en lees
lees die Woord wat Ek julle gegee het – wat julle in woorde
verdeel en verbrand het, tot as in julle vagevure van verderf
en daar sal jy My weer vind – doen dit voor die tyd jou inhaal
–
geen mens kan tyd en tye verstaan – vandag is daar weinig
wat enigiets verstaan – so asof in simbiose, woon ons hier saam
aarde wat reeds onder ons vernietig word – saam maar nie saam
rykes, armes, die wat weet en die wat nie weet, skape en bokke
–
jou keuse moet jy maak – regs of links; die nou of die breë pad
dit sal jou einde of toekoms bepaal – dalk sal Hy ons nog kom haal
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.