Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Vrede vir jou …

Deur Magrietha Marx
Datum gepubliseer: 29 November 2021 Aantal woorde: 163 474 Kere gelees 9

Wanneer die lewe vir jou te veel word
en dit voel of alles in duie wil stort
as alles voel of dit net verkeerd gaan
en dat jy alleen op jou eie twee voete staan –
.
wens ek vir jou
die mooiste hemel blou
met die warmste sonstrale wat oor jou skyn
en dat jou probleme soos mis sal verdwyn
.
wens ek vir jou familie wat jou ondersteun
wat jou sal hoor roep as jy staan en huil in die reën
wat jou in liefde toe sal vou
en jou veilig in hul arms sal vashou
.
ek wens vrede vir jou siel
dat die lewe se storms jou nie verniel
ek wens vir jou kalmte in jou hart
sodat jy rustig op die lewenspad sal stap
.
ek wens vir jou dat God met jou sal wees
sodat jy nie die onbekende vrees
mag Hy saam met jou stap in die storms en wind
want jy is mos ‘n koningskind …
.
MC Marx (C)




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 34
Kommentaar telling: 8

Partykeer kan ek nie sê hoe ek voel nie, dan skryf ek. Van my werk is in verskeie bloemlesings gepubliseer: "Vlug na Vryheid" in Deep Reflections, "U liefde vir my" in The Gift of Time en "Die storms wat binne my woed" en "Daar is altyd hoop" in Inkspraak 1. Ek is gebore in Kokstad in die middel van winter. Dit het die oggend gesneeu toe ek gebore is. My ouers het later verhuis en ons woon tans in Pietermaritzburg, ek is getroud met die wonderlikste man en ons het 'n pragtige seuntjie. God het vir my die talent gegee om te kan skryf en ek is dankbaar dat Hy my en my gesin elke dag beskerm en veilig bewaar.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 557 gaste aanlyn

Bydraes – Argief