Jongste aktiwiteit:

Silwer

Uit klip versamelde erts
vysel gestamp dooie stof
kroes gesmelt edelmetaal
gesmee deur smid in plate
skitter silwer, nuwe vorm
lig uit silwerkandelaar

Uit water versamel donkerwolke
stukkie oseaan silwerlewende water
blitse slaan val silwer druppels
gesmee in silwer vlae van reën
donkerwolk silwerrand
skitter lewe silwer na die reën

Uit silwerstof gevorm Meestersmid
silwerdraad lewe in jou geblaas
heers oor die skepping
vergader jou silwer in die hemel
mot en roes gaan dit hier verniel
of dalk verkoop jy jou siel
vir dertig stukke silwer

@ Lenel




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed