Jongste aktiwiteit:

Liefde onbeskryflik groot Silwer

in die ryptrap
van ‘n winterlandskap
haar wit gevlekte lyf
nakend in die holte
voetjies koud en styf
haar offer een van liefde
in die donker nag se klou
lippies wat eens rosig was
nou ‘n lewelose blou

in die ryptrap
van ‘n winterlandskap
geen spoor was daar te vind
eggo stemme in die donker
in die suising van die wind
saggies neurie sy ‘n wysie
om haar boetie knus te hou
en in die donker sluit haar oë
terwyl die koue haar omvou

in die ryptrap
van ‘n winterlandskap
slaap ‘n seuntjie onbewus
in die skuiling van ‘n miershoop
vind sy redder ewig rus




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed