Jongste aktiwiteit:

Poort van die Heuningbye – Hoofstuk 2

Poort vd heuningbye (2)

Na haar bad, klee Tilda haarself om vir die aandete, sy deel die eettafel met ʼn Geskiedenis Dosent aan die Universiteit van Kaapstad,Teunis Burger, sy wil hom vra om die “Jameson Inval aan haar te verduidelik, sy moet dit kan begryp alvorens sy haar bedanking indien.

Wanneer sy die eetkamer binne stap, is die tafel loseerders reeds aan tafel, voor die groot buffet
waar die lang houer met sap en die Chutney staan is reeds ‘n ry van eet gaste, sy stap na haar tafel, waar die dosent alreeds sit in afwagting vir sy warm ete.

“Goeienaand” groet Tilda, en trek haar stoel uit, die jong kleurling kelnerin staan skielik langs haar met die spyskaart, nie dat dit enigsins ‘n groot keuse bied nie, maar daar is wel ʼn keuse tussen Hoender of skaap Bredie, Tilda bestel die hoender.

Tilda, maak keelskoon, “Verskoon my maar ek wil u iets vra?”
“Wat wil u vra” hy kyk op van sy bord.
“Kan u my verduidelik waaroor gaan die Jameson Inval, almal bespreek dit voortdurend op kantoor, maar ek weet nie waarom dit so belangrik is nie?”

“Tilda om die Jameson inval te begryp , moet jy eerstens ‘n paar stappe terug neem, en ek sal dit aan jou verduidelik soos wat ek dit aan my studente oordra”

“Baie dankie, ek sal dit waardeer, jammer dat ek so onnosel voor kom”

“Die ellende het begin met die ontdekking van Goud in 1886, en ook die ontdekking van die diamante, veral die Cullinan diamant van 3106 karaat, die grootste ter wêreld, deur Frederick Wells die Bestuurder van die Premier Myn groep in Kimberley, die diamant was deur die Regering van die dag aan gekoop en as geskenk gegee aan koning Edward Vii, toe het al die fortuin- soekers gestroom na Suid-Afrika, en nie die aller beste persone in die samelewing nie, maar alle soorte “Opdrifsels”, sowel as prostitute van orals, en moraliteit het oornag verander in bandeloosheid, waar daar weinige woninge was in Johannesburg, het ‘n stad oornag verrys soos sampioene uit die aarde.”

“Ja, ek weet van die ontdekking van Goud en diamante, maar die verband is nie so duidelik vir my nie”

“Tilda dit sal duidelik word, ek vertel jou in stappe van die aanloop tot die tweede Vryheid Oorlog in die Suid Afrikaanse geskiedenis.”

“Cecil John Rhodes, ‘n Engelsman, gebore in Bishop, Stratford op 5 Julie 1853 het na Suid-Afrika
gekom in 1870 om van sy swak long siekte te herstel, hy het aan die Universiteit van Oxford gestudeer, hier in Suid-Afrika het hy hom dadelik self aangestel as die persoon wie Afrika in geheel sal koloniseer.

Soveel Afrikaans sprekendes het huis en haard verlaat om self ook die geluk te soek op die Goud en diamante velde, weinig het ryk geword, maar Cecil John Rhodes, het die moontlikheid gesien om van hierdie fortuin soekers die Diamante en Goud op te koop, teen sy eie vasstelling van prys, hulle moes aan hom verkoop om te oorleef. Hulle het geen ander keuse gehad nie, en hulle het drank as ʼn troos middel gekies, onder die Afrikaanse myners het armoede ontstaan, en ook die afbraak van die sosiale Christelike strukture.

Rhodes stig die De Beers Consolidated Myn bedryf in 1888, dit groot bloeiende Ekonomiese ingreep van Suider Afrika. Gedurende die Somer maande gaan hy terug na Engeland vir sy verdere studies, vir die Engelse is hy die groot Pionier en dwing hulle bewondering af. Vir die Afrikaans sprekendes, die doring in die vlees.

Kimberley word die sentrum van die diamant bedryf, en is vernoem na die Britse Minister Lord Kimberley van die kolonie gedurende die tydperk. Oor nag ontstaan in Kimberley die grootste mens gegrawe gat, waar ongeveer 2000 diamante soekers daagliks in rond beweeg soos rysmiere na die groot reën. In 1871, word groot diamante gevind op die eiendomme, Du Toitspan, Bult Fontein, Vooruitzicht, en Kimberley word beset deur Britse Immigrante.

Rhodes word lid van die Kaapse Parlement in 1881, weer eens beskik hy oor meer seggenskap en mag, hy wil al die state sowel as die Kolonie verenig onder een Britse Vlag, maar Engeland het die bestuur van die Transvaalse Republiek reeds toe gestaan aan Paul Kruger, en Kruger wil geen amalgamasie van alle state nie, Rhodes draai egter soos ‘n vlieg om Kruger met alle eensoortige beloftes, dat hy gelyke regte vir Afrikaans sowel as Engels sprekendes sal toestaan, en hy gaan self so ver om lid te word van die Afrikanerbond. Sy arrogansie ken geen grense nie.

Rhodes gaan self so ver tot die anneksasie van Betsjoeanaland, en Rhodesië onder Britse beheer te plaas, en stig ook die Maatskappy British SA Company, en so omsingel hy die Suid Afrikaanse Republiek van Kruger reg rondom, Kruger sit soos ʼn haas in die val, omring deur Rhodes se anneksasies.

Soos jy hoor Tilda speel Goud ‘n groot rol tot die aanloop van oorlog tussen Brit en Boer, Goud was deur die geskiedenis van die mensdom gebruik as ruilmiddel tot betaling, vanaf Opper Guinee, tot die grafte van die Egiptenare, en selfs Columbus se ontmoeting met die Indiane, die geel stof het miljoenêrs gemaak en armes laat sneuwel van honger deur oorloë”.

“Dankie dat u dit so mooi verduidelik, ek sou u graag in my geskiedenis klas wou hê”

“Maar Tilda die verhaal gaan veel verder, more aand weer, want ek moet nou aan my lesings gaan werk, Goeienag vir eers”

“Goeienag, en weer eens bedank”

Tilda verlaat die tafel, om die kennis in haar kamer verder te gaan verwerk.

Word vervolg.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed