Poort van die heuningbye – Hoofstuk 16
Poort van die heuning bye(H16)
“Gideon gaan haal Moses by sy huis en bring hom hierheen”
“Waarom Ma?”…
“ Sy broer en sy oorlede Vader het al hulle beeste hier kom koop, en Moses se broer wou ’n eie besigheid begin en jou Pa het hom die geld voor geskiet. Hy betaal dit steeds af, daar is ’n heel goeie verstandhouding tussen die familie van Moses en jou Pa, gaan gou”
Martie stook die houtstoof, die emalje ketel stoot stoom uit en die patats in die oond is gaar. Almal sit om die kombuis tafel in afwagting van Gideon en Moses.Die twee mans is honger wanneer hulle by die tafel aansit.
Martie skink koffie en elkeen kry ’n gebakte patat.
“ Moses ek wil dat jy al die beeste, skape sowel as die perde, met uitsondering van twee oor die Caledon Rivier neem na jou broer tot na die oorlog”
“Joooo…Jo… wat praat Nooi Martie vannag hier by die tafel, die baas gaan Banja kwaad wees as ek sy diere neem daar by my familie”
“Moses baas Gert werk nou vir die Engelse en help hulle om die plase af te brand en al die vee dood te maak. Jy moet kyk as hy met sy vrou na die dorp gaan dan moet julle die vee wegneem as iemand jou langs die pad kry met die vee moet jy aan die persone vertel dat jou broer alles gekoop het by my want ek wil met die kinders na die Kaapkolonie gaan”
“Dit is Banja goed Nooi Martie, maar miskien ek moet ook neem die wa, met die hoenners en die varke. “
“Dit is goed Moses, neem die wa en ek sal ook nog ander huisraad vir julle gee, julle kan slag van die vee maar na die oorlog bring jy terug die wat oorgebly het en dan hoop ek julle kom weer hier saam met ons woon op die plaas”
“Dit is mooi so Nooi Martie, Moses sal sy oë water kyk totdat hy sien baas Gert en sy vrou hulle loep daar by die dorp”
“Gideon hoe diep is die droë put hier agter op die werf, daardie een waarop al die ou ysters op lê?”
“Ma hy is baie diep daar hang ʼn touleer na onder maar hy is kurkdroog waarom wil Ma dit weet”?
Martie kyk na haar twee seuns, Henry die derde kind van haar is pas twaalf jaar oud hy sal Gideon moet help met die volmaak van die put met huishoudelike spulle sowel as gereedskap van Herklaas.
“Gideon en Henry, julle sal in die nag moet werk en al die gereedskap van jou Pa laat sak in die put in die dag kan Gert sien wat ons doen nie”
“Is dit nodig Ma”
“Gert het my gedreig, ek weet hy sal nie rus totdat hy hier alles vernietig het nie as hy dan saam met die Engels kom om te triomfeer oor ons moet daar weinig besittings in die woning wees en ons moet klaar staan met wat ons moet mee neem na die kamp.”
Daleen die dogter van veertien staar na haar ma met verbasing. Altyd het haar vader die besluite geneem en nou skielik is haar Ma die sterk vrou wie hier oor alles gaan besluit. Haar suster van 8 jaar se hoes word gehoor in die slaap kamer waar sy siek lê met brongitis.
“Daleen gaan kyk wat Susan nodig het en daarna sal ons bespreek wat ons in die put gaan plaas en wat ons gaan saam neem”
“Goed Ma”, Daleen gaan na binne om seker te maak dat haar suster iets nodig het.
“ Daleen, ons begin pak van die breekgoed en ander huishoudelike artikels vannag môre sal ons ook pak en Susan kan op die stoep gaan sit warm toe gedraai in ʼn kombers en kyk wie rond beweeg op die plaas en ons waarsku”
Drie dae later ry Gert en sy familie windmakerig weg na die dorp.
Moses was gereed, almal help om die wa te laai en die beeste word deur die seuns van Moses aangejaag. Wanneer die wa verdwyn in die verte is Martie emosioneel gedreineer, maar bid tot die Here dat Moses veilig in Basotho land oor die grens arriveer met die diere.
Tydens die afwesigheid van Gert en sy gesin werk almal rasend snel om die put te vul. Die huis van binne bevat groot stukke meubels, maar die mure is kaal die kaste met breekgoed is leeg. Dan eers kan Martie aandag skenk aan die maak van ‘n geld belt vir elkeen om onder hulle klere te dra wanneer hulle die plaas moet verlaat.
Martie het vir elkeen die meeste benodighede laat pak wat sy dink hulle gaan nodig kry in die kamp.
Aan die einde van die week het Herklaas skielik gedurende die nag gearriveer. Martie het hom ingelig oor die vee en ook die inhoud van die put. Hy was dankbaar dat sy so goed kon dink en organiseer maar die nuus oor die kampe is geensins bemoedigend nie en hulle wis wat op hulle te wag staan indien hulle na ʼn kamp gestuur word.
Voor daglig, het Herklaas en Gideon die twee agtergeblewene perde opgesaal en vertrek na die kommando’s want vir Gideon was daar niks meer te doen nie. Susan het sieker geword daar was weinige verandering in haar toestand.
Tien dae later, net na son opkoms sit Martie op die voorstoep haar oggend koppie koffie te drink. Wanneer sy ver weg agter die groot mielie- lande die bewegende stof wolk sien in die stilte van die wye oop vlakte. Sy hoor die dowwe perdepote die steeds nader kom aan die plaas. Sonder enige twyfel wis sy dat dit die Kakies is.
ʼn Groep van twintig Kakies en drie Hensoppers kom die werf op gery. Vanaf die woning van Gert kom hy self te perd aangery geklee in die Britse Hensoppers kleding.
Die Offisier in bevel klim van sy perd en Gert het ook reeds afgeklim, beide stap die stoeptrappe op na Martie.
“Die offisier spreek haar aan:
“ Waar is u man?”…
“Waarom vra u dit die landsverraaier nie hy het u tog reeds ingelig oor waar my man is?”…
“Wanneer het u hom laas gesien?”…
”Vra die landsverraaier hy werk vir julle hier op die plaas, hy kan sekerlik u die inligting gee”
Gert praat met brokkies Engels. ;
“Ek het u gesê dat hierdie vrou baie astrant is ek dink ons sal niks uit haar kry nie u moet die huis afbrand”
“Mevrou, kry u besittings bymekaar ons gaan die plaas afbrand want u verleen skuiling aan die Boere ons sal u vergesel na die veiligheid van ʼn kamp”
“My dogter is ernstig siek, waar is die wa”
“Hier is geen wa nie, u sal moet stap tot die volgende plaas daar sal ʼn wa wees”
Martie sien dat hy nie wil redeneer nie, sy sal ook Henry se bondel dra, dan moet hy Susan abba so ver moontlik.
Martie en die kinders neem hulle bondels en kom een vir een uit die huis gestap,
“Kinders hou julle kop hoog vandag julle het niks om voor skaam te wees nie, ons is Afrikaners en nie Hensoppers nie”.
Susan loop stadig, sy het geen krag nie.
“Ma, ek is moeg “
“Henry gee jou bondel en abba jou suster”
Dit is Gert wat die aansteek werk doen om die huis af te brand. Hy gil van vreugde en hardloop soos ʼn hond met hondsdolheid al om die vlammende huis.
Die soldate bestyg hulle perde, die Hensoppers roep:
“Kom begin stap, julle rykes moet van die lekker lewe ontslae raak voel hoedat arm mense moet leef…ha! Ha “
”Kinders stap, moenie omkyk nie gee hulle geen genoegdoening vir hulle triomfantlike uittog nie.” sě Martie as sy begin stap met haar hoof fier omhoog.
Daleen wissel af om Susan te dra. Na drie uur se loop voor die perde bereik hulle die volgende plaas gehul in donker rookwolke.
ʼn Wa met osse staan gereed. Die twee ou mense van die plaas, Jan Cilliers en Minie Cilliers staan verslae sonder woorde starende na die dooie diere en die lekkende vlamme.
Daar is nie genoeg plek op die wa vir almal nie, die bondels mag wel op die wa en die swakste en oudste persone. Susan word ook gehelp op die wa.
Sy sit hoog op die bondels, die wa gaan nie padlangs nie want die Engelse vrees boere aanvalle. Hulle reis oor rowwe terrein, almal is dors die son steek heel skerp en die Hensoppers lag en treiter hulle met aanmerkings.
Die wa wiele sak weg in ‘groot erosie gat. Susan val af reg voor die wa.
wiel, Martie gil en skreeu.
“Stop please stop”, die Hensoppers skreeu
“Ons kan nie stop nie die osse moet die wa uittrek.”
Susan gil, wanneer die wawiel oor haar hoof gaan en die breek van bene
hoorbaar is, sak Martie inmekaar.
Word vervolg.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.