Jongste aktiwiteit:

Poort van die heuningbye – Hoofstuk 14

Poort van die heuning bye (H14)

Lenie kom die kombuis binne, sy sien daar moeg uit, die nag sonder slaap en die bekommernis oor Paul se wond het sy eise gestel.
“Tilda gee my alleenlik ʼn, koppie koffie en ʼn paar beskuite ek moet iets in my maag kry”.
“Hoe is dit nou met Paul?” vra Kobus.

“Ai, Kobus, die koors is gebreek, maar dit gaan lank neem voordat die wond genees”

“Miskien moet dit so wees want die Rooibostee Oes moet af ek kan gebruik maak van sy advies hy het meer kennis oor die Tee dan ekself.”

“Lenie, Floors is net besig om te vertel van die Geveg by Spioenkop waar Paul gewond is, wil jy voort gaan Floors?” vra Oom Kobus.

“ Hendrik Prinsloo en negentig manne het in digte mis die kop uit geklim. Onder die manne was die jong sewentien jaar oue Deneys Reitz seun van president Reitz. Bo-op die onbesette deel van die Plato moes hulle loopgrawe graaf. Ook het Prinsloo besef dat hulle kort van Ammunisie is en dat dit ʼn groot probleem gaan veroorsaak.”

“Ma, ek het so lus vir ʼn gebakte eier, kan Tilda vir my een bak asseblief?”.
“ Tilda bak maar ʼn paar eiers en ook ʼn stukkie Vark wors” sě Lenie

“ Gen.Botha met vier honderd manne van die Carolina en Pretoria Kommando het gevolg en die kop uit geklim tot bo. Die geveg het begin. Die Engelse se loopgrawe het in ʼn verkeerde rigting gewys hulle soldate het geval soos vlieë en intussen laat Botha nog loopgrawe graaf aan die boere kant.

“Woodgate was getref en sterf op die kop, daarna hys die Lancashire Divisie die vlag en gee oor”.

“Kon hulle dan nie verder veg nie, hulle het tog wel genoeg ammunisie gehad?” vra Tilda

“Tilda hulle kon, maar veel van hulle leiers was dood geskiet en die Engelse was leierloos daar was geen ander keuse nie,”vertel Floors terwyl hy sy koffie in klein slukkies drink.dan vertel hy weer verder.

“Die geveg het tien dae geduur. Pa was agter ʼn rots toe hy getref word, hy het sy lyf gesleep tot by ʼn skuiling. Hy kon nie sy geweer meer laai nie. Laat in die aand het van die manne hom na benede gehelp en een van die Burgers het die koeël uit sy blad gehaal met ʼn knipmes”

“Geen wonder dit is so ʼn groot wond nie,en die knipmes was natuurlik nie skoon nie?” sě Lenie ontsteld.

“Ma vir ontsmetting word die mes se lem in die vuur gebrand”

“Op die kop, was dit asof mense geslag was by die ʼn slagpale.
“ Dooie opgeblase perde met draaiende vlieë in swart swerms het orals gelě, dooies in die loop grawe, sonder arms, bene, en hoofde totaal weg geskiet. “
“ Onder die Engelse was daar ʼn jong soldaat ene Vincent Churchill, hy werk vir ʼn koerant in Engeland” The Morning Post” en kon die veldslag deur gee aan die Owerheid in Engeland”

“Hoeveel dooies dink jy was daar Floors ?” vra Kobus

“Die Engelse het ongeveer vyftien honderd man dood of gewond gehad en aan die Boere kant net oor die driehonderd, ons het die kop behou maar teen ʼn onbetaalbare prys. Wolseley kry weer tien duisend soldate uit Engeland by,. Die Engelse het geen perde meer nie, hulle kry perde uit Argentinië, Amerika,selfs uit Indië, maar die diere is nie ons klimaat gewoond nie hulle sterf vinnig na aankoms en ook van Perdesiekte”

“Maar Floors kan ons dan nog wen, wat dink Kruger?”vra Lenie

“Nee Ma, ons kan nie wen nie want Kitchener het die troefkaart gespeel. Die Plase word afgebrand in die Vrystaat en al die diere op die plase gedood sogenaamd omdat die boervrouerns kos verskaf aan die Burgers. Die Hensoppers is orals en dra die nuus aan by die Engelse”

“Waar moet die vrouens en kinders heen Floors?”

“Ma, hulle mag net die aller nodige mee neem en word soos vee aangejaag voor die perde van die Kakies. Hulle is gelukkig as daar ʼn wa is getrek deur osse en dan word hulle vervoer saam met ander vroue en kinders van omliggende boerderye. Die Vrystaat is kaler as my hand en die grond swart van die as.”

“Wat is die rede tot sulke wreedheid?”

“Ma, volgens die Engelse moet hulle vir eie veiligheid na kampe verskuif word,. Dit is natuurlik onwaar, deur die vrouens en kinders agter draad heinings te plaas in haglike omstandighede weet die Kakies dat dit die boere se veglus gaan breek.
“Grote genade Floors dit is volkere moord! ”roep oom Kobus
“Blykbaar is die fasiliteite so weinig,dat elke dag sterf kinders en ou
mense, as dit so aangaan bly daar geen vrouens en kinders van ons Volk oor nie en dat sal beteken dat ons gaan uitsterf.”
“Het die Here ons dan verlaat in hierdie donker ure?” vra Lenie
” Ma, daar is nog meer om te vertel. Die boere gevangene word met bote vervoer vanaf Durban na Simonstad in die Kolonie en van daar word hulle oorgeplaas in ʼn ander boot. Hulle word gestuur na kampe op die Eiland St. Helena, of in Burma en in veel ander lande die onder Britse beheer is”

“Hoe weet jy dit Floors?”vra Tilda
“Een van die manne die ʼn gevange was het in Simonstad ontsnap en was gehelp deur ʼn Boere goedgesinde en het sy weg weer terug gevind na die Boere magte. Die skepe wat die Engelse gebruik is vol luise en hulle moet slaap in die ruim waar die perde in was, niks word skoon gemaak nie”

“Hemelse genade kan dit waar wees ?”
“Oom Kobus dit is die reine waarheid”
“Die ontsnapte man het onder die gevangene oom Herklaas Van Rhyn ontmoet, die man van tante Martie. Hy moes aan haar ʼn brief gee maar Ma ek is vreeslik jammer om dit te vertel die plaas is gelyk gebrand met die aarde en Tante Martie en haar drie kinders moes na een van die kampe, ek weet nie welke kamp nie”

Lenie begin droewig te huil, “My suster sal dit nooit oorleef nie
Here van Genade help ons maar ook die mense van ons Volk, laat ons nie alleen nie” haar liggaam wieg heen en weer soos sy huil.

Floors het dieselfde nag weer vertrek na Gen.Botha se magte.

Word vervolg.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed