Poort van die heuningbye – Hoofstuk 13
Poort van die heuning bye(H13)
Tilda het laat namiddag terug gekeer vanaf die Sendingstasie en
die donkies afgelaai met die huishoudelike benodighede,aan Oom Kobus en haar Moeder het sy geen woord gerep oor die afskeid van Brain nie.
Almal was erg moeg van die dag se werksaamheid. Oom Kobus was na die groot huis om daar die snytyd moet begin want hy sal moet arbeiders vanaf die Sending stasie kry om te help.
Na die moegheid van die dag het almal vroeg gaan slaap. Drie uur in die oggend word Tilda wakker sy hoor buite perdepote en ʼn geskuifel van mense..Haar keel trek toe het die Skot hulle verraai? Die koerant berigte is steeds dat as enige Rebelle uit die Kaap Kolonie gevang word sal hulle sonder verhoor gefusilleer word. Sy sluip na haar Oom Kobus se kamer en skud hom aan die skouer” Word wakker Oom Kobus! word wakker”
Kobus maak sy oë oop en gaan regop sit ”Wat is dit Tilda?”
“Oom Kobus hier is perde buite en mense, dink Oom Brain het ons verraai?”
“Nee, Tilda steek die kers aan ek sal gaan kyk want die kakies durf nie die voetpad af te kom in die nag nie”
Kobus neem die kers en loop na die kombuis deur. Hy maak die bo-deur oop dan sien hy twee donker figure, die een dra die ander.
“Wie is daar?”
“Oom Kobus dit is Pa en ekself” antwoord Floors.
Kobus gaan na buite “wat gaan aan Floors?”
“ Oom Kobus maak Ma en Tilda wakker, Pa is gewond.”
Tilda hoor die stem van Floors sy hardloop na die kombuis en sien hoedat Floors en Oom Kobus haar Vader binne dra.
“Tilda gaan roep jou Ma, en steek die “Donkie” aan vir warm water”beveel oom Kobus
Lenie is bewerig van die skrik maar sy bly kalm.
“Kobus bring hom na die slaapkamer en lê hom op die bed neer”.
“Ma, beter ʼn ou laken op die bed doen Pa is baie vuil en die wond is septies, hy praat ook deur mekaar” vertel Floors
Oom Kobus en Floors lê Paul neer op die bed dan eers groet Lenie en Tilda Floors. Paul yl, hy besef nie dat hy tuis is nie
. “Kobus jy sal moet kool blare gaan haal, die gif moet uit en Tilda maak ʼn groot inflammasie pleister”
“Floors help my om jou pa se klere uit te trek, waar is die wond presies?”…
”Deur sy blad been Ma” Lenie neem ʼn skêr en knip die hemp los van Paul se lyf en knip ook die moue oop.
“Floors lig jou Pa, ek wil die hemp versigtig uittrek van sy lyf”.
“Tilda brand die stoof al?”Ja Ma.”
Die stoof begin nou goed brand, ek het reeds die water opgesit.”
“My kind neem die lantern en sny ʼn paar groot Alwyn blare af, sny hulle dan oop en gooi ook ʼn stuk Alwyn in die skottel met warm water as ontsmetting middel.”
Oom Kobus kom uitasem binne met die swaaiende lantern in sy hand en met ʼn jong koolkop onder sy ander arm. Hy begin dadelik die blare los maak.
Tilda neem die warm water na haar moeder en die opgeskeurde kussingslope vir verbande. Lenie begin versigtig die wond skoon maak. Die skouer blad is erg ontsteek sy plaas die Alwyn blaar op die wond en ʼn koolblaar daaroor heen en bind ʼn verband om sy skouer. Paul kom by.
‘Hy kreun van die pyn “Is dit jy my liefste Lenie of droom ek nie?”
“.Jy droom nie Paul, jy is tuis maak toe jou oë en rus”
Die nag skemer verdwyn en die oggend lig sypel kol-kol deur in die vallei.
Tilda sal die dag alles moet behartig want haar Ma moet waak by haar Vader en Floors het ʼn bad geneem en slaap die moegheid van die reis uit hom uit.
Wanneer hy wakker word sal hulle kan hoor wanneer en waar Paul
gewond was.
Paul bly koorsig steeds verwissel Lenie die blare. Teen die namiddag sit sy die inflammasie pleister op sy wil die koors breek,sy pak hom warm toe terwyl Tilda steeds sy gesig af spons met water. Die son het reeds gesak wanneer die koors hom eindelik verlaat en hy rustig slaap dan eers kan Lenie langs hom gaan lê en self rus.
Floors het geslaap tot sewe uur die aand eindelik het die moegheid sy liggaam verlaat. Na ʼn baie warm bad kom hy aan tafel sit vir aandete. Die kos op die tafel is heerlik voor- berei. Hy is te bang om dit te eet, hy mis eindelik die brood gebak in Pretoria en te warm verpak dan is dit skimmel as dit die Burgers bereik.
Eers het hulle ook nog almal elke dag, koffie, tee, tabak,suiker, seep, en blikkies vis en konfyt gekry, maar in die laaste tyd is die voorrade beperk en moet hulle bly wees om dit een enkele keer in die week te ontvang.
Oom Kobus spreek hom aan:
“Vertel Floors by welke veldslag is jou Pa gewond?”
“Oom Kobus dit was by Spioenkop, die dood van mense en die Duiwel het fees gevier, dit sal my lewenslank bly by.”
“Hoe dan so Floors”
“Die Kakies wil Ladysmith met alle geweld beset maar het nog nie enige geluk gehad tot dusver nie. Die Intelligensie offisier van Buller ene Arthur Sandbach het geadviseer Maj. Woodgate moes die divisie “Royal Lancashire Brigade” lei om die kop uit te klim en gewere te plaas sodat hulle van daar die Boere troep finaal kan aanval.
In die oortuiging en voortvarendheid het Buller reeds ʼn telegram gestuur aan Koningin Victoria “Spioenkop die sleutel tot Ladysmith”
“Floors waar was die Boere Magte dan?”
“Die twaalf manne van Vryheid se Kommando het gesien wat gebeur en het gejaag met volle vaart na Gen. Botha se tent en hom vertel wat aan die gang is.”
‘”Agter die kop was Gen. Schalk Burger en Gen. Joubert met hulle manne, toe moes die drie koppe by mekaar sit. Julle weet dat eindelik is daar geen goeie samewerking tussen die Afrikaners in hierdie Oorlog nie’”
“ Boere gaan soos hulle wil terug na huis om te ploeg, dit is as daar nog huise bestaan. Na die slag van Modderrivier het veel van ons mense die eed afgelê en geweier om verder te veg ook vele het Hensoppers geword,en hulle is baie trots daar op. Ons eie mense is nie meer te vertrou nie hulle is bang om te sterf of om vir ʼn doel te sterf. In hierdie Oorlog leer jy jou eie mense ken en dit is nie ‘iets mooi nie glo my Oom Kobus”
“Tilda gooi nog ʼn bietjie koffie in vir ons, dat Floors verder kan vertel”
Die Kakies klim mos in die donkerte teen die kop uit, tot by Three Tree Hill so ongeveer ses myl suid wes van die kop. Hulle word gelei deur ʼn klomp Zoeloe Gidse die nou voltyds vir die Kakies werk, want die Myne is gesluit en duisende swart mense is werkloos. Die kakies belowe hulle van alles as die oorlog eers verby is, hulle ontvang selfs gewere van die kakies om teen die Boere te gebruik, dit is die groot nuwe taktiek van die duiwelse Kitchener.”
“Tilda is daar miskien ʼn bietjie meer suiker ek soek soetigheid want bitter koffie is al wat ek ken”
“Hulle kon nie die grof geskut bo kry nie maar hulle moes loopgrawe graaf en Woodgate het sy kantoor reg bo op die hoogste punt geopen”.
“Hemel Floors wat vertel jy ons? wat kon die Boere Mag daarteen doen hulle is onder die kop en van bo af oop teikens vir die kakies.”
“Ja, die Boere was soos rotte in ‘die val en die drie Generaals het koppe bymekaar gesit en uitgewerk dat as hulle grof geskut in die vorm van ʼn wawiel plaas hulle die aanslag kan weerhou”
“Wat bedoel jy Floors met ʼn wawiel?”
“Sien daar was drie gedeeltes wat nie beset was deur die Kakies nie, van Regs tot die Noorde die Tabanyama Plato, vanaf die Warrenlyn suid en vanaf Botha se hoofkwartier in die middel en die tweeling koppe van Spioenkop links, almal so twee myl uit mekaar. Botha het die manne gevra om drie Krupp kanonne en twee Pom Poms tot bo op die kop te kry dan sal die Burgers moet storm soos drie weke van tevore met Platrand “Wagon Hill, en Ceasers Kamp”
“Floors is dit dan direk op die vyand afstorm gesig tot gesig nie?”
“Jy is reg Tilda, Kommandant Hendrik Prinsloo het die manne by mekaar geroep en saam ʼn gebed gedoen en hulle was voor berei teen die dood”
“Floors, stop eers met jou verhaal ek hoor jou ma is wakker en is in die badkamer as sy klaar geëet het, kan jy verder vertel”
“Oom Kobus is reg, ek moet klaar vertel voordat ek vertrek en daar is iets wat Ma moet weet maar ek hou dit tot op die laaste. Sy sal nie Pa en hierdie nuwe tragiek nou kan hanteer nie”
Word vervolg.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.