Jongste aktiwiteit:

Onthou jy

toe alles nog eenvoudig was
waatlemoen se kroon bloedrooi
het jy my na jou partytjie
by jou ma se huis genooi

toe alles nog eenvoudig was
husse lang ore dra
het jy agter die fietsloods
al vir my die kys gevra

toe alles nog eenvoudig was
so soet soos ‘n lemoen
het jy my eendag skelm
agter die pawiljoen gesoen

toe alles nog eenvoudig was
harte nog van vlees
het ek vir jou gedigte
in die skool se bib gelees

toe alles nog eenvoudig was
liefde soet soos stroop
het jou hande gloeikoolpaadjies
oor my jongmenslyf geloop

toe liefde nog eenvoudig was
en verlange brand soos vuur
het ek jou troepversoeke
op springbokradio gestuur

toe’t die lewe meer kompleks geraak
ons twee skielik groot
en moes ons groter lesse leer
oor die lewe en die dood

en nou is alles anders
harte is van klip
en nostalgie die sand
wat deur onthou se uurglas glip

©️Elize Kruger
20 September 2022




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed