Jongste aktiwiteit:

Doodmoeg!

Doodmoeg!

Hierdie tyd van die jaar ervaar die meeste van ons dieselfde probleem: die doodse moegheid!

Ongeag of jy student, werkende grootmens of bejaarde is, die moegheid bekruip jou ongemerk hierdie tyd van die jaar.

Onder leerlinge en veral die matrieks wat gereedmaak vir die finales eksamens of universiteits studente hoor jy dieselfde klagte: “Tot my moeg is moeg!”

Dr. Rufaro Audrey Mavunga, senior hoof by die Fakulteit: regsgeleerdheid by The Independent Institute of Education beaam die probleem.

Jaareind-moegheid se tekens is onder andere: lae energievlakke, onvermoë om te konsentreer en afwesigheid van motivering. Verlies aan lewenslus is ook dikwels teenwoordig.

Die toestand kan aanleiding gee tot verslapping van toewyding of in meeste gevalle tot uitstel. In die werkende klas ontbreek die lus om op te staan en werk toe te gaan. Seniors sukkel om hulself sover te kry om hulle normale dagtake aan te pak.

Dr. Mavunga stel die volgende voor:

Neem af.

Alhoewel dit klink na verkeerde raad, kan ʼn dag of twee weg van jou normale omstandighede jou help om perspektief te kry vir die laaste paar weke wat voorlê. Tydens die aftyd kan jy probeer om meer te rus en te fokus om ʼn skedule in plek te kry.

Tydsbestuur.

Om ʼn jaar goed af te sluit kan jy jou eie tydrooster hersien en beplan. Maak tyd vir rus en probeer hou by die beplanning.

Gesonde leefstyl aanpassing.

Navorsing het bewys dat endorfiene vrygestel word as jy oefening inkry. Sodoende sal jou gemoed verbeter en stresvlakke sal ook beter word.
Hou in gedagte dat moegheid ook die nagevolge kan wees aan verkeerde eetgewoontes en te min water.

Slaap is ʼn wondersoete middel wat nie onderskat moet word nie. Hou ook in gedagte dat die glad nie ʼn goeie idee is om voor slaaptyd op jou selfoon te werk nie.

Hulp is beskikbaar.

Moenie alleen worstel as jy in die diep donker van moegheid beland nie. Wanneer jy voel jy is so moeg dat jy nie meer lewenslus het nie, raadpleeg dadelik ʼn deskundige en kry hulp.

Moet nooit die waarskuwingstekens van jou liggaam ignoreer nie. Alhoewel dit nie ongewoond is om klagtes van moegheid te hoor nie, is dit uiters noodsaaklik om na jouself te kyk en hulp te kry. Uitputting word geag as ʼn voorteken van dreigende hartaanvalle onder vrouens en gaan dikwels gepaard met ongemak, kortasemigheid en duiseligheid.

Die einde van die jaar is in sig, kyk mooi na jouself en leef verstandig.

©Marlene Erasmus
30/11/2022
(412 woorde)

welstand.solidariteit.co.za/gedurig-moeg-simptome-en-oorsake/

maroelamedia.co.za/goeiegoed/uitbranding-die-einde-van-die-jaar-siekte/




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed