goëlende ratwerk
speekwerk van verwronge waarheid
goëlgly glad gerat
om asse van vertroue
waar samesyn kwyn
jakkalsdraaie wissel skelm
kunstig verweef in fopnuus
kolkende outeur van streke
ratdraaier van formaat
soos die draaiende takkool
sirkel van lig goël;
waarheid skelm-skelm verbuig
skrik skurke vir waarhede op krukke
gaande stop die wiel
snuit sirkels van kole wat goël
speekwerk versplinter krakend;
verdoof note van ratte wat draai
© Francois Meyer April 2023
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2023 KLUG projek