akro
klanke en liggolwe
trek saam om jou mond
my ore tuit van die genot
om kort sinne te verken
woorde uit jou pen
alternatiewe leefwyse
van die “woke” bevolking
alles akro en steriel vir hul
skepping spring nie vry
eie eselsbestaan geyk
onder uit die sand
filtreer hul klanke dof
akronieme van wesens
wat willens en wetens
simbioties vergaan
was die see maar berge
gekleur met strome en valleie
gevul met brullende roofdiere
bokke wat prullend spring
oor vis-en-skyfie-gereg
Ó Tearlach.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, jy het reeds 2 inskrywings by die gedigte afdeling vir die Julie projek