My Binnekamer
uitgehonger in my hart
gaan ek na my binnekamer
daar waar niemand my lees
daar waar God my alleen besoek
kom ek tot ruste by my hart se punt
ontdek ek die stilte van die bloulug
oor berge en dale heen gewyde lied
opgedra aan die Goddelikheid
omvou Sy liefde my met die grootheid
soos net Hy dit kan bied saggies en teer
met donker gehul die skaduwee van rots
met die lig wat deurbreuk God se krag
beklink ons saam ‘n heilige oomblik
standvastig en bly vir altyd by Hom
vasgebind die mooiste oomblik gehul
sy liefde vir my geanker is ek in Sy Gees.
Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.