Jongste aktiwiteit:

Nuwe lewenslus

met nuwe lewenslus in my
bestyg ek die nuwejaar met ‘n groet
oordink ek alle gebeurtenisse reeds verby
weet ek die krag in my nog nie kapoet

met ‘n glimlag in my binneste wese
betrap ek myself aan gedagtes wat speel
van oorvloed wat borrel na dese
weet ek dat ek dit met jou gaan deel

sorgloos en vry benader ek die stap
want ondersoekend was my projek
met gerustheid het ek my self betrap
wonder ek oor myself met groot respek

borrel ek van oor tot oor met mannemoed
skop ek die jaar af met ‘n groot debuut
spring en dans ek rond met my hoed
want blydskap in my maak my nuut

Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed