nota aan my siel
van jota tot tittel
in hierdie gedig
is aan myself gerig
my siel, ..waarom onrustig
alles op aarde kom tot ‘n val
slegs wat die DRIE sê bly staan
terwyl jou beste pogings vergaan
al kleef jy aan die aardse stof
begeer jy al meer wysheid
geseën met grysheid
oog vir oog gereg
wys alles weg
ou brakkie, lê maar stil
ons bly onder Sy wil
Ó Tearlach.
Siel – behels die mens se wil, intellek en emosies.
‘n Jota is die kleinste letter in die Griekse alfabet; ‘n tittel is ‘n klein merk wat soortgelyke Hebreeuse woorde van mekaar skei.
‘n Oog vir ‘n oog verbied buitensporige strawwe.
Nota – aantekening of kort dokument.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.