onverwags
“Van ‘n donkie moet jy ‘n skop verwag
van Klein Daantjie Donderbos ‘n stofwolk”
deur my gedagtegang breek daar wolke
donker wolke, reēnwolke ook digte mis
na gelang van baie dae en jare se gekrap
krap soms waar dit nie jeuk of ontsteek nie
kom daar meteens helder woorde en sinne
het straatdigter onverwags nuwe betekenis
plotseling verander mitologiese man Adonis
in eienaamverbleking na adonis
die aantreklike man
skielik is daar lig in ‘n tonnel
daar ver, ..voor, waar tonnel
onverwags in lig ontplof
Ó Tearlach.
onverwags – Wat nie verwag is nie; skielik en sonder tyd om voor te berei.
Eienaamverbleking is wanneer ‘n mens ‘n meer figuurlike betekenis aan ‘n soortnaam heg wat van ‘n eienaam afgelei is. Die eienaam word dan soos ‘n soortnaam en word ook met ‘n kleinlettertjie geskryf.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.