Verlore Pakkies
gene word noukeurig geskommel
dan verpak in kuber yspakkies
met kosmos verwysingspunte
vir ń individuele lewe
elke pakkie is herkoms gemerk
sonder erg aan hul toekoms
en nog minder belang
in hul hoekoms
so wag 7,9 biljoen* pakkies
elkeen is met identiteit gestreep
almal is reis gereed
van hier na waar?
* 7.9 Billion (2022)
Die menslike bevolking ( Die totale aantal lewende mense ) op die aarde
https://www.worldometers.info
© Koos Elsum
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.