DIS goud
DIS
ek (en jy) jy (en ek)
eenvoudig, nie gekompliseerd gekompliseerd, nie eenvoudig
siele vervleg as een as een, siele vervleg
maar tog alleen alleen,maar tog…
gebind gebind
DNA stringe stringe DNA
versmelt versmelt
links of regs regs of links
soos
domhand (slimhand) slimhand (domhand)
saamwerk as een as een saamwerk
ek is jy jy is ek
kopiereg: Amanda de Meillon
*DIS dissosiatiewe identiteitsversteuring
(ek het ook die DIS gebruik in die – Dit is- konteks )
2 Kommentare
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Augustus 2025 - Linkshandige projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Christa D
Wow puik