Jongste aktiwiteit:

oorlog

van vroegste tye af
was daar oorlog tussen mense
as dit nie kain en abel was nie
was dit saul en dawid gewees

met millenia het begrippe
oor oorlog uitgebrei tot ‘n wetenskap
oosterse sun tsu het dit goed beskryf
afrika het ook sy eie oorlogskodes

oorlog hoef nie verklaar te word
ondergrondse doelstellings word gestel
“wettig” uitgevoer onder toegeknypte oë
van regerings van barbaarse afkoms

beskaafde volke stam deels af
van “barbaarse” tye soos die vikings
die uiting van hul barbaarsheid verberg
onder beskaafde gelowigheid

openlike oorlog gebeur baie gou
binne een week was daar ‘n tweede wêreld oorlog
in afrika was daar binne maande miljoene uitgemoor
suid van die riviere van kus is daar swaard wat hang

oorlog is nooit mooi nie
bloed vloei ongenaakbaar in moorde
verkragtings raak gereeld en baie wreed
duidelike tekens van oorlogsverklaring

alle oorloë word vooraf gegaan
met ‘n stadium van beskaafde ontkenning
tot die bloed aan die beskaafde klere begin raak
dan kom die viking-bloed na vore

gelowiges sal bly staan solank hul self kan terug slaan

©Teárlach
(Moet nie jou een talent begrawe nie – jy is ook ‘n Viking)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed