Jongste aktiwiteit:

Rou siel

ROU SIEL

Rou is my siel in hierdie dag, wat is dit waarna ek smag
vrede vir myself, my wese, in my binneste is dit nag
dis donker, die rou, ek roep uit, wie sal my dan red
ek onthou, toe ek klein was het hul gesê dis net gebed

op en af is my emosies, my denke, word meer, tog rou
bid wil ek bid, maar ek het verleer, help my hier, tog gou
die woorde wat uitkom, die gedagtes, dit klink na prewel
dis, as-of, daar ‘n soort van demone in my kop in wemel

depressie is dalk die woord, anders net ‘n siel, dood verlate
wie sal my hoor, nie eens die geprewel maak dan vir my sin
is ek dalk vasgevang , diep in ‘n lewe van angs en donkerte in
lewe is iets wat ek nie ken, is ek aan beproewing oor gelate

hulle praat van genade vir een en elk, hoe kan dit my insluit
dis tog ek wat gemaak het al die wrede, verkeerde wils besluite
verdien ek meer as net die haat en nyd, dan eindelik die dood
van geboorte al het ek al begin met my eie vernietige selfmoord

donkerte en rou wil my nie verlaat, mense woord, klink als soos haat
donderend, breek my laaste menswees af , waar gaan dit my laat
op die hoop met pyn, swere diep in my siel, rou soos die van ‘n Job
‘n besluit moet ek maak, gaan ek lê en oorgee, of, staan uit, die as uit op

oomblikke lank kom ek stadig uit hierdie depressie, se donker diepte
ek weet waar my verlossing en my vrede sonder pyn lê, die liefde
net soos Job van ouds, uit die as, is I daar net een hoop, my God, my God
gebed is die antwoord, maar hoe, as ek nie kan nie , is dit my lot

weer, ‘n sagte stem wat fluister, teer tot diep in my wese, my siel
my liewe kind, ek het reeds die prys betaal, gesterf, vir jou verniel
ek onthou die woord wat sê, die Gees tree in vir ons, my hart bloei
Here help my asseblief, my wese, Sy Gees raak my aan, dit voel ek gloei

Sy almag , red my weer, keer op keer, my verlossser, my Heer, niks meer!!!!
Tog kom die depressie weer en weer!
Kopiereg ©Wilfred (Willy) Funchal




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed