skalks
ek sit op my duin
terwyl die oggendson skalks
sy strale oor my baai kom gooi
speelse vertoon van vurige liefde
wat alles omgelf en deurdring
met hitte, warmte en genot
grappig druis die golwe
ondeund sweef meeue
guitig lê die witsoom
wat wegsak in sand
tergend die wete
more is nog
een dag
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.