My rooihaar nooi
My Rooihaar Nooi
© Ryno du Plessis 2026
Jou hare rooi, groot bruin oë het my hart kom steel, al moet ek telkens jou gemoed kan raai.
In stilte is ons saam, klanke van my kitaar maak jou hart altyd sag.
Gereeld wens ons saam aan ’n wêreld vry, daar waar net ek en jy kan ry.
Hier op die rug van my rooi perd wil ek vir altyd bly.
Opgedra aan my liewe perd, Shekeenah.
✒ Ryno du Plessis
© Ryno du Plessis 2026
Alle regte voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.