My liefde vir jou
My liefde vir jou
Deur: Ryno du Plessis
In die gange van die hospitaal loop party met sleepvoete. Ander praat hul eie taal.
Effe deurmekaar kyk ek na die drupsak. Stadig maar seker baklei julle saam.
Verlore tussen koors en ‘n groot saal vind ek jou.
Vir soveel jare was jy daar. Vir my oorloë geveg; elke keer kon ek sê ek voel weer reg.
Liewe lyf, dankie dat jy steeds vir my bly veg.
Na soveel jare kon ek eerlikwaar sê ek is lief vir jou.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.