Afrikaner-kultuurlegkaart
uit ’n magdom kultuurstukkies
is ’n stewige raamwerk gebou
waarbinne elke legkaartstukkie
’n unieke pasmaatplekkie hou
elke stukkie het ’n naam
binne die kultuurlegkaart raam
godsdiens, taal, literatuur, poësie,
skeppende, kunste en boeremusiek
is almal Afrikaner-kultuurlegkaart intrinsiek
in museums, monumente en Geloftedag
lê geskiedkundige Afrikaner-kultuur van toet
aanspreekvorme soos ‘oom’ en ‘tannie’
’n afhaal van jou hoed met ’n handdruk groet
is eie aan Afrikaner-kultuur respek
dan is daar volkspele, rugby, melktert,
koeksisters, biltong, braaivleis, jag, vellies
en nog baie meer
almal sosiale legkaartstukke
voltooi nou jóú Afrikaner-kultuurlegkaart
en hang dit op aan die muur van roem
in jou Afrikanerhart
©Pieter Mostert
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir April Patriotisme projek