doekvoet se kind
–
doekvoet se stappie kraam
houvas aan jou lewe jong
dalk word jy kos vir ou-jong
daar tussen riete geraam
–
snags wei katte in sprong
duik hulle suisend en jaag
sag bekruip hul jou traag
vroeg blaas dikkop sy long
–
in vuur is jou lewe vaag
tragies verdring die mens
tyd om dan alles te waag
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.