Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Jy is die rede waarom ek skryf…

Deur Magrietha Marx
Datum gepubliseer: 25 November 2021 Aantal woorde: 90 34 Kere gelees 1

Ek lees jou in elke sin
as woorde vorm en ‘n gedig begin
ek hoor jou stem ego op papier
en ek weet God het jou vir ‘n rede na my gestuur.

Jy is die rede waarom ek skryf
en ek wil graag vir jou wys
dat my hart net klop vir jou
wanneer ek my pen styf vashou.

As ek hartjies teken teen die venster ruit
en liefdevol na dit kyk
weet net ek doen dit vir jou
om jou vir ewig en altyd te onthou…

MC Marx (C)




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    25 November 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2021 – OOP projek

  2. Magrietha Marx

    27 November 2021

    Baie dankie 🙂

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 30
Kommentaar telling: 8

Partykeer kan ek nie sê hoe ek voel nie, dan skryf ek. Van my werk is in verskeie bloemlesings gepubliseer: "Vlug na Vryheid" in Deep Reflections, "U liefde vir my" in The Gift of Time en "Die storms wat binne my woed" en "Daar is altyd hoop" in Inkspraak 1. Ek is gebore in Kokstad in die middel van winter. Dit het die oggend gesneeu toe ek gebore is. My ouers het later verhuis en ons woon tans in Pietermaritzburg, ek is getroud met die wonderlikste man en ons het 'n pragtige seuntjie. God het vir my die talent gegee om te kan skryf en ek is dankbaar dat Hy my en my gesin elke dag beskerm en veilig bewaar.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 277 gaste aanlyn

Bydraes – Argief