Goeie more son
Goeie More Son
Deur: Ryno du Plessis
Liewe Son, die nag was baie lank. Met tye was ek baie bang.
Terwyl jy slaap, speel die lewe met my skaak.
Van kranse af geval, opgestaan om weer te val.
Hierdie keer was ek bang ek sien jou nooit weer.
Ek sien jou dowwe strale. Jy kom uiteindelik nader.
Vandag dank ek die Vader.
Het jy lekker geslaap?
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.