Jongste aktiwiteit:

Sy was eersteklas

Sy was Eersteklas

Tant Gerrie het geweet hoe om die gepeupel te verstom.

Altyd netjies toegedraai in haar Sondagklere.

Hare plek-plek gedoen daar waar die hoed dit nie kon verbloem.

‘n Porsleinkoppie in die een hand, haar sigaretjie in die ander een.

Sy noem ‘n ding op sy naam. Skinder het nooit by haar bestaan.

Sou iemand iets wou sê, vra sy dadelik:

“Kry jy dalk nou skaam?”

Al is jou troon van goud, my mens, ons almal doen dieselfde ding.

Sou weelde my iets laat baat, maak dit aan die einde niks meer saak.

Al bly ek ook in die beste straat, sal my ou handsak ook daar bly staan.

Nie eens my sigaretjie of skelm snuif kan saam met my die ewigheid inskuif nie.

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed