Jongste aktiwiteit:

Die beste swemmer

Die Beste Swemmer

“Wat praat jy nou, my kind? Sou ek my lewe oor kon hê, sou ek nooit daardie dag die beste swemmer wees nie.”

Party was gelukkig. Die lewe het gegee wat hulle wou hê.

Ander moes wysheid in hul keuses beleef.

Met geboorte, saam met jou eerste asem, word daar ‘n sak langs jou neergesit.

Daar staan:

“Hier is jou lewe. Maak maar die beste daarvan.”

Keuses, hoe klein ook al, word later die fondamente van die toekomsplein.

Dit help nie om te wonder oor die paaie wat ons nie gevat het nie.

Besluite lê soos kaarte op elke pad.

Met haar koppie tee sit Tant Berta tevrede.

“Ek kon seker beter keuses maak, maar nou het ek lesse om vir ander agter te laat.”

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed