Gister sal altyd ry op more se rug
Gister sal Altyd Ry op Môre se Rug
Pieter Gerber, die jongste van vier, bly teen die rivier, by die huis met die klipmuur.
In die week sit ons en drink ‘n koue bier.
Sy groot hande vryf oor sy gesig, en krap sy donker krulle nog meer deurmekaar.
Hy praat, of dalk is dit die bier, ‘n sin wat my so effe laat vrees.
Die verlede soek blyplek in die toekoms.
Die toekoms sukkel om weg te bly by gister.
Al kam jy die lewe se hare ook hoe mooi…
Gister sal altyd ry op môre se rug.
© Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.