Dawie van die stalle
Dawie van die stalle
Van kleins af was hy maar ‘n besige kind. Grootgeword saam met die wind.
Skool het hy heeltemal gemis. Perde was vir hom baie beter as juffrou se verkeerde merke in sy boek.
Sy ouers het hom maar laat begaan. Onnies het gesê die kind sal vergaan.
Saans is hy netjies geklee in sy rooi hemp, leerbroek, onderbaadjie en ‘n hoed.
Klanke wat geen oor nog gehoor het nie, speel hy by die stalle op sy kitaar.
Alles behalwe Dawie het vergaan. Uit sy kitaar en perde maak hy vandag ‘n goeie bestaan.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.