Jy verdien ñ goue raam
Jy verdien ‘n goue raam
Saam het ons gebou aan ‘n groot droom saam.
Ek het geskryf, jy het gelees. Op die wolke was ons gewees.
Skielik is jy weg. Die slot het in my kop bly hang.
Nog net ‘n paar tree wat ek en jy moes gee.
Nou is jy skielik sonder totsiens in ‘n houtraam iewers begrawe.
Jou laaste woorde aan my:
“Skryf is jou gawe.”
Al sou jy nooit die slot kon lees, hang jou foto in my hart se gang.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.