Jongste aktiwiteit:

Die Stories van ou fotorame

Die stories van ou fotorame

‘n Lewe geleef. So baie het ek beleef.

Soveel gesigte se herinneringe het bly kleef.

My lens vang vas hoe almal probeer om hul weg te vind.

Ander se drome is deur die wind verwaai.

Goed of kwaad, kry ons langs die pad iewers raad.

Myself lankal iewers in die lewe verloor.

My foto’s hang in gange opgehang.

Sou ek net vroeër die mooi in elke foto kon sien,

was my hele wêreld vandag in ‘n fotoraam.

Tyd stap aan, maar herinneringe sal nooit vergaan.

Die laaste foto hang nou in sy raam. Ek noem hom Dankbaar.

Gange van gister is wat ons iewers moet bewaar.

© Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed