betyds
vroegtydig
voordat dit te laat is
‘n altyd teenwoordige faktor
binne die westerse beskawing
nie so teenwoordig binne
afrika-kultuur nie
binne militêre verband
was sewe minute vroeg
meestal bereken as betyds
gereed vir elke gebeurlikhede
soos vir voordag se “klaarstaan”
voor die dag breek en die eerste
sonstrale oor die landskap
begin stroom – gereed
om enige bedreging
die hoof te kan
bied
in jou aanbiddingslewe
kan betyds ook ’n groot faktor wees
“bekeer jou weë betyds tot die geloof”
dit is een van die redes waarom
jy nog die son sien opkom
asem kan haal
en lewe
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.